Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
STOF TOT NADENKE • SA landbou het groter Brics-uitvoer nodig
Sleutelgebeure in 2024 • Die kerngebeure wat Suid-Afrika se landboutoneel in 2024 oorheers het, is ongetwyfeld die middelsomerdroogte wat die someroes met 23% afgedwing het en die voortgesette stryd teen dieresiektes.
Hoop vir die nuwe jaar
Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com
Só kan ’n trustee verwyder word • Wanneer ’n trust opgerig word, is dit baie belangrik dat die regte trustees aangestel word. Die trustees sal waarskynlik oor die leeftyd van die trust moet verander. Dit is egter nie so eenvoudig om ’n trustee te verwyder nie.
La Niña, of nie?
Nog ’n jaar van weeruiterstes • Teen druktyd was groot dele van die somersaaigebiede op hete kole oor geskikte reën, en ál meer boere het begin oorplant in die hoop op gunstiger opbrengste. Die plantdilemma is aangevuur deur hittegolftoestande wat verskeie temperatuurrekords laat spat het. Teen druktyd was die verwagting dat 2024 altesaam 1,5 °C warmer as normaal kan wees.
Trump se beleid kan die wêreld vir almal warm maak • Amerika se aangewese president, Donald Trump, het nog nooit ’n geheim daarvan gemaak dat hy skepties is oor klimaatsverandering nie.
Plaagdoders besoedel Wes-Kaapse riviere • Twee studies het bevind dat sekere plaagdoders wat in Europa verbied is, regdeur die jaar in die Berg-, Krom- en Hexrivier voorkom.
Só kan Green Deal SA uitvoerbedrywe knou • Beduidende dalings in opbrengs, oesgehalte en winsgewendheid is vrugteuitvoerders se voorland indien die Europese Unie (EU) se huidige maatreëls oor gewasbeskermingsprodukte onveranderd ingestel gaan word.
Eierprodusent herstel fluks, maar voëlgriep is groot risiko • Quantum Foods het ver gevorder met sy herstel ná voëlgriepuitbrekings, maar nuwe uitbrekings is ’n groot risiko.
Verlede jaar se droogte eis tol by Senwes, NWK • Die lae reënval begin 2024 wat tot kleiner graanoeste gelei het, het die landboumaatskappye Senwes en NWK se finansiële prestasie ’n knou gegee.
Tafeldruifuitvoer stadiger uit die blokke dié seisoen
Nuut & nuttig
Wat kan SA in 2025 verwag? • Bedrywe wat plaaslik bemark, sal stadig voordeel trek uit ’n ekonomie wat begin herstel. Op uitvoergebied flikker daar gevaarligte, maar daar wink ook ’n paar geleenthede.
KAL: In hoogste rat sedert 2012 • Die KAL-groep is ’n goeie voorbeeld van ’n landboukoöperasie wat suksesvol na aanverwante dienste en produkte gediversifiseer het, wat sy risiko versprei en sakebelange aanverwant gediversifiseer het.
Tegnologie in landbou: SA belê R16 mjd. in KI en robotika
Slim oplossing vir die bestuur van afvalwater
Herwinning: Wol kan tot 6 keer hergebruik word
Lesse van SA se beste boer • In 1996, toe André (Oubaas) Brink (62) ná sy pa se afsterwe Groot Phesantekraal oorgeneem het, was hy in ’n finansiële oorlewingstryd gewikkel. Intussen het hy die boerdery meer as tienvoudig uitgebrei en verskeie gesogte toekennings ingepalm, waarvan Landbouskrywers SA se Nasionale Boer van die Jaar die mees onlangse is. Hy deel ’n paar lesse wat hy die afgelope kwarteeu geleer het.
Namibiese veteraanboer bly voorloper • ’n Suksesvolle boer moet altyd aan die voorpunt van tegnologie en ontwikkeling bly, want sodra hy agterraak, is hy aan die verloorkant. Ebbi Fischer, veteraanboer van Namibie wat onlangs as Stoetteler van die Jaar bekroon is, is...