Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
STOF TOT NADENKE • Internasionale gewasproduksie lyk belowend
Topboere omarm tegnologie • Dis prysuitdelingseisoen en topboere in die land word op ’n streep vereer.
In die pylvak
Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com
Is dit meer as ’n eiergooiery?
Direksiedrama by Quantum • ’n Stryd om beheer van Quantum, Suid-Afrika se grootste eierprodusent, is die agtergrond waarteen die hofstryd afspeel waarin Quantum gewikkel is nadat hy ’n direkteur verwyder het.
Produksietoestande vir somergewasse wek nog kommer • ’n Opname in die somerreëngebied van 1 Julie tot 11 November het getoon dat reënval in die meeste dele nog onder die vyfjaargemiddelde was, terwyl die optimale planttyd in sekere dele kort raak.
‘Gee ons meer tyd’ • Die wynbedryf meen die regering se oogmerk om aksynsvoorstelle voor die volgende begroting te doen, is voortydig.
Sitrus: Uitvoerseisoen soetsuur eerder as bitter
Private vleisuitvoer byna werklikheid
Capespan teken 20 jaar lange vennootskap met Namibië
‘Beste wol in drie jaar’ behaal seisoenrekordprys • ’n Seisoenrekord het aan skerwe gespat op dié wolseisoen se 11de wolveiling in die eerste week van November, waar die gesertifiseerde fynwol (spierwit) van John en James Miller van Winston Farms naby Cathcart, noord van Oos-Londen, geskitter het.
‘Kaapse hawe-sluitings weens wind geniet aandag’
Hou kop: Pak onwettige besettings só aan • Vinnige optrede en akkurate inligting is belangrike wapens in die stryd teen onwettige grondbesettings, sê die Potchefstroomse prokureur Hans-Jurie Moolman.
Wanadministrasie by meester: Asem opgehou oor omdraaistrategie • ’n Aanlyn stelsel vir die registrasie van trusts is van die regstellende stappe wat ingestel is ná meer as ’n dekade van klagtes oor beweerde wanadministrasie, wanorde, korrupsie en bedrog by die meester van die hooggeregshof. Noudat twee spesiale ondersoeke en tugstappe so te sê afgehandel is, is daar hoop dat die vertroue in die regstelsel herstel kan word. Bewerings is gemaak dat meer as R100 mijoen in een boedel alleen onder die meester se toesig misbruik is.
Valbyl val uiteindelik om dié insekdoders te verbied • Ná jare lange waarskuwings aan boere om die gebruik van sekere insekdoders af te skaal omdat dit verbied gaan word, is regulasies om dit plaaslik te verbied, pas afgekondig.
Pryse van aartappels en uie onder druk weens Mosambiek-geweld
Tyd ryp vir koshulpskema • ’n Kwart van Suid-Afrikaanse huishoudings ervaar voedselonsekerheid. ’n Koeponprogram kan menslike verligting bring én die plaaslike mieliemark verbeter.
MTBR: Moet op prinse nie vertrou nie … • Die tyd sal leer of tesouriebeloftes die staatskuldwolf van die deur gaan hou.
Woolworths: Wins onder druk, maar vooruitsigte lyk beter • Die regstelling van Woolworths se buitelandse beleggingsblaps het ’n groot mate van verligting vir dié kosgroep gebring.
WWF sê voedselstelsel moet verander om onomkeerbare skade te voorkom
Ingewande wys hoe stinkbesies bestry kan word
Swart springbokkie toe nie so ongewoon
Ané tem dié diverse familieboerdery • ’n Jong boer wat veekunde geswot het omdat sy baie van diere hou, moes vinnig leer om haar familie se diverse en intensiewe wingerd-en-groenteboerdery by Vredendal te help bestuur.
Neem besit van die volle waardeketting • Geen lewende dier of karkas behoort...