Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbouweekblad

Jul 11 2024
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

STOF TOT NADENKE • Speenkalfpryse kan hoogtepunt in Augustus bereik

‘In moeilike tye is waardes my kompas’ • Toe Adel van der Merwe op 1 April vanjaar die leisels by Quantum Foods oorgeneem het, het sy in ’n vuurwarm stryd om ’n poging tot ’n vyandige oorname ingestap. Skaars drie maande later moes sy ook leiding gee toe ’n werker in ’n ongeluk by ’n voermeule dood is.

’n Bietjie goeie nuus vir boere

Briewe

Veel meer as net ’n minister

SA kom ál nader aan grondteiken van 30% • Suid-Afrika kruip met ’n raming van 24,9% al hoe nader aan die regering se teiken dat 30% van landbougrond teen 2030 in swart besit moet wees.

Boer se R30 m.-eis teen staat kan bordjies verhang • Die staat kan nie besluit dat hoenders wat weens ’n uitbreking van hoogs aansteeklike voëlgriep van kant gemaak moes word, geen waarde het en daarom nie ’n boer, wat sy verliese op meer as R30 miljoen bereken het, vergoed nie, het die hooggeregshof bevind.

La Niña sit ál meer voet neer oor ’n nat en koeler somer • Daar bestaan tot ’n 80%-kans dat ’n La Niña-stelsel, wat goeie reënval tot gevolg gaan hê, volgende seisoen kan voorkom.

Denemarke eerste wat CO 2 -taks op plase gaan instel

Nuwe minister verras, skok én skep afwagting • Die aanstelling van John Steenhuisen, DA-leier, as minister van landbou was allerweë ’n groot verrassing. Landbou-organisasies het hom diplomaties verwelkom, maar ontleders het uiteenlopend gereageer.

Meeding-waghond het appeltjie te skil met winkelgroepe

Melkboere se aksieplan teen bek-en-klouseer • Die uitbreking van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap is ’n reuseterugslag vir melkboere, maar danksy ’n aksieplan wat ’n moontlike abattoir in die gebied insluit, inenting en lesse wat in Limpopo geleer is, word die probleem so goed moontlik beperk.

Veilingsbedryf se ‘ongekende moeilike jaar’ • ’n El Niño-droogte, donker wolke van ekonomiese druk wat oor verbruikers en boere saampak, en die reën, wind en hael van hoë graanpryse, swak winterweiding en die impak van dieresiektes laat die veeen die veilingsbedryf in ’n perfekte storm.

Boedelkoste, belastings en ander dilemmas by afsterwe • Die bestorwe boedel van ’n besigheidseienaar word aan heelwat meer potensiële probleme blootgestel as dié wat gewoonlik by boedels ter sprake is.

Ekonomiese vooruitsigte verbeter • Ná drie jaar van geen tot minimale groei tel die ekonomie wêreldwyd kop op. Só kan Suid-Afrika daarby baat vind – en munt slaan uit uitvoer na Indië, wat as die ‘nuwe China’ bestempel word.

Rainbow-notering bied boere groot geleenthede • Die afsonderlike notering van Rainbow Chickens ontsluit ’n groot geleentheid vir boere om voordeel te trek uit die potensieel uiters lonende waardeketting van vleis en veevoer.

Eeu oue versameling koring kan lei tot beter kultivars

Staan opsy, mans, beeste verkies vroue

Robotarm sit hand by vir presisie-bestuiwing

Ontgin geleenthede wat hernubare energie vir boere bied • Grond en spasie is nodig om hernubare-energie-aanlegte op te rig, maar waar gaan dit vandaan kom? Dit is dié vraag wat vir boere die sleutel kan wees om nie net sinvol oor hul eie kragvoorsiening te besin nie, maar ook meer geleenthede vir diversifikasie raak te sien.

Veldpotensiaal gaan tot net 62% tuimel • Die potensiaal van weiding gaan in minder as vier dekades tot slegs 62% van die drakrag tuimel. Dit gaan...

Expand title description text
Frequency: Every other week Pages: 133 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Jul 11 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: July 5, 2024

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans