Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbouweekblad

Sep 05 2024
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

SA tekort aan witmielies is moontlik • Witmielie-uitvoer na Suider-Afrika (teenoor die ooreenstemmende tyd verlede jaar)

BFAP word binne 21 jaar ’n internasionale reus • BFAP se vooruitskouingsverslag het begin met 15 kommoditeite wat intussen tot meer as 40 aangegroei het. Namate die span gegroei het, is ’n model ook ontwikkel om soortgelyke vooruitskouings in talle lande in Afrika suid van die Sahara te doen. Tans word 14 lande al betrek.

’n Onsigbare wêreld van geleentheid

Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com

Spanning oor meesterplan

Mieliegradering-hofsaak: ‘Argument oor gehalte hou geen water’ • Die Meulenaarskamer se stap om die minister van landbou, Graan SA en die SA graanboerevereniging (Sagra) te dagvaar oor die regulasies oor mieliegradering wat in Februarie en Maart in die Staatskoerant afgekondig en as ’n deurbraak vir boere bestempel is, het menige boer warm onder die kraag.

Werklike omvang van landbou word ver onderskat – BFAP

Botswana se varsprodukteverbod kos SA boere dermiljoene • Botswana se onverwagse verbod op die invoer van vars produkte het Suid-Afrikaanse produsente al duur te staan gekom. Dít terwyl dié land baie by ons produsente kan leer, sê Wolfe Braude, bestuurder van Agbiz Fruit.

Sitrusbedryf oorgehaal om plae te pak • Wetenskaplikes en produsente in die sitrusbedryf maak aansienlike vordering met teenmaatreëls vir ernstige bestaande asook toekomstige bedreigings vir die volhoubaarheid van dié waardeketting ter waarde van bykans R30 miljard per jaar.

PALS dryf tientalle grondprojekte in 10 jaar • Meer as 50 grondprojekte met wesenlike swart aandeelhouding oor die land heen het hul bestaan te danke aan die PALS-projek, een van die suksesvolste grondinisiatiewe in Suid-Afrika, wat vandeesmaand sy tiende bestaansjaar vier.

Oos-Kaapse bek-en-klouseer gevoelige slag vir skaapboere • Nog voordat bek-en-klouseer in die Oos-Kaap uitgebreek het, het baie skaapboere reeds finansiële druk ervaar.

Naspeurbaarheid teen November werklikheid

Risiko vir laat ryp so groot soos in 2019 • Die verwagte wisselende temperature in September dra by tot ’n baie hoë risiko vir rypskade weens laat ryp vanjaar.

Versekeraar moet pekanneutboer se eis met rente betaal • ’n Korttermynversekeraar is in ’n hofuitspraak nie net gelas om ’n vergoedingseis vir reën- en haelskade uit te betaal nie, maar ook om vir die rente en regskoste van die hofgeding op te dok.

Dié markte nodig vir SA vleisuitvoerders

Vermy probleme met boedel só • Geen kliënt se boedel is eenvoudig nie en elkeen se sake verskil. Daar is wel maniere om jou sake so voordelig moontlik te beplan en risiko’s te verminder.

Handelsprobleme met ons bure • Die Suid-Afrikaanse landbou verdien sowat 51% van sy inkomste met uitvoer. Die gees van die ooreenkoms tussen buurlande in die Doeane-unie word egter nie altyd nagekom nie, en die rimpeluitwerking van opskortings is reeds sigbaar.

Uitvoerkanse wink, maar verskeie versperrings lol • Suid-Afrika se kommersiële landbou is in ’n goeie posisie om in Suider-Afrika se behoefte aan groter voedselinvoer te voorsien. Vervoerinfrastruktuur moet egter verbeter en handelooreenkoms moet vergemaklik word.

Almal praat oor biostimulante

Opleiding, navorsing oor vleisproduksie kom by groter UP-proefplaas

Dié byekorwe van herwonne materiaal baat bye, boere en...

Expand title description text
Frequency: Every other week Pages: 149 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Sep 05 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: August 30, 2024

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans