Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
STOF TOT NADENKE • Weerstand teen onkruiddoders: Kartering kan help met bekamping
‘Ek wil die landbou op ’n beter plek los’ • Nadat sy sowat twee jaar gelede uit die politiek getree het, is Annette Steyn terug — dié keer in die kantoor van die minister van landbou. John Steenhuisen het haar aanstelling op sosiale media aangekondig nadat hy aangedui het dat hy in die eerste week in dié posisie ‘’n boer met ondervinding as sy spesiale raadgewer aangestel het’.
SA boere beïndruk op wêreldkongres
Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com
Cameron hoef nie meer te ‘sharrap’ nie
SA landbou skitter by Wêreldkongres • Op die pas afgelope Wêreldkongres oor bewaringslandbou wat einde Julie in Kaapstad aangebied is, was dit ’n openbaring dat so baie boere reg oor Suid-Afrika die spreekwoordelike ekstra myl loop om volhoubaar te boer en voedsame kos te verseker.
Humansdorp-boere se skade ‘astronomies’ • Boere in die distrik Humansdorp sukkel vir die heel eerste keer om ’n bek-en-klouseeruitbreking hok te slaan. Die skade staan op etlike miljoene rande.
Trump en Agoa: RNE met versigtiger beleid nou nodig • Om Suid-Afrika uit Agoa te skop, is waarskynlik nie op die lys van die belangrikste dinge wat Donald Trump sal doen indien hy weer Amerikaanse president word nie. Hy kan egter gedwing word om sy diskresie hieroor te gebruik, en dít kan moeilikheid voorspel.
Met Amerikaanse hulp kan meer uitvoerders oor handelshekkies seil
‘As Sandveld-boere se water beperk word, wag ’n katastrofe’ • As watergebruikbeperkings op boere in die Sandveld ingestel word, kan stygende aartappelpryse, soos wat Suid-Afrika aan die einde van 2023 ervaar het, weer voorkom.
Van droogteplan tot wenner-slaghuis: Na dié vleiswinkel wil jy ry • ’n Boer van die Klein-Karoo se slaghuis wat uit nood tydens ’n sewe jaar lange droogte gebore is, is vanjaar die nasionale Cleaver-slaghuiswenner in ’n kategorie waarin dit met groot slaghuise in stede meegeding het.
Mielietekorte kan pryse opjaag
Langslewende kan eis instel vir onderhoud • In Suid-Afrika word die reg op testeervryheid (om jou bates te bemaak aan wie jy wil) erken. Soms is die klem egter só op die erfgename dat finansiële voorsiening vir die langslewende gade agterweë gelaat word.
Ingevoerde hoendervleis bly angel vir boere • Verbruikers bly onder druk en die neiging is dat hulle hul ál meer tot ingevoerde hoenderafvalprodukte wend. Dit is iets waarvan die landbousektor moet kennis neem, ook dat daar plaaslik nie genoeg ‘goedkoop’ vleisprodukte beskikbaar is nie.
Boere trek aan kortste ent met finansiering • Die Land Bank is ’n skadu van sy vorige self en staan nie meer boere met gunstige finansiering by nie. Dit beteken hulle is uitgelewer aan hoër rentekoerse as die prima uitleenkoers.
Omgewingsmodelle ignoreer anorganiese koolstof se rol
Sojabone kan SA se voedselnood help verlig
Twee nuwe psigotropiese sampioenspesies in Suider-Afrika ontdek
Sagtevrugteboere ly weer weens hawens • Die tafel was gedek vir ’n uitstekende sagtevrugteuitvoerseisoen. Probleme by Suid-Afrika se hawens het egter dié blink vooruitsig laat sneuwel. Werner van Rooyen, bedryfshoof van die varsprodukteuitvoerdersforum (FPEF), praat kaalvuis oor die afgelope uitvoerseisoen se verspeelde geleenthede, suksesse, struikelblokke en planne.
Delf diep(er) na die waarde van wortels in die grond • Nuwe navorsing...