Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
Net 880 boere produseer Suid-Afrika se melk
Nét spanwerk kan SA red • Dienslewering in Noordwes is van die swakste in Suid-Afrika. Naudé Pienaar glo sterk spanne en spanwerk kan ’n verskil maak.
Waar lê ons skans teen weerloosheid?
Briewe
Dit reën planne en durf, al is Noord-Kaap in ’n droogtegreep
Droogtetoestande: Herstel in rooivleispryse hang in die weegskaal • Landbou-ekonome verwag dat rooivleispryse aan boere in 2025 kan begin herstel, maar daarvoor is reënval oor die hele somerreënstreek nodig.
Swak BBP-syfer vir landbou: ‘Iets klop nie’ • Statistieke SA se syfer dat die landbou-ekonomie met 28,8% ingekrimp het, klop nie met onder meer die groter optimisme onder sakeleiers in die sektor nie.
‘Wees méér paraat dié feestyd’ • Misdaad neem gewoonlik oor Kerstyd toe. Veral met die groter aantal ontvoerings in 2024 moet boere hul veiligheidsmaatreëls verskerp.
Trump kan wêreldhandel laat verbrokkel • Die dreigemente van Donald Trump, aangewese Amerikaanse president, oor invoertariewe teen lande soos China kan tot die groter fragmentering van wêreldhandel lei, en ook nuwe onsekerhede oor handel in landbouprodukte skep.
Tekorte, kanse en skuiwe • Heelwat bedryfsnuus (en politieke nuus) het vanjaar die aandag getrek, en die tekort aan mielies en lustelose rooivleispryse het vir vurige debatte gesorg.
Blaargroente kan goeie pryse verdien oor feestyd
Let op dié boedelaspekte • Daar is ’n paar aspekte rakende boedels wat nie algemeen bekend is nie, maar wat groot hartseer kan veroorsaak. Hier is raad.
Dalk was 2024 onderste draaipunt vir SA landbou • Reële rentekoerse – die verskil tussen inflasie en rentekoers – is tans die hoogste in sowat 20 jaar. Uitermate hoë rentekoerse wurg veral veeboere omdat die prys van hul produk die afgelope vyf jaar dieselfde gebly het.
Met goeie bestuur verseker Premier stewige winsgroei • Die Premier-groep besit van die bekendste voedselhandelsmerke in Suid-Afrika. Graanboere wat in die waardetoevoeging tot hul produk buite die plaashek wil deel, kan ’n belegging in dié maatskappy oorweeg.
Corteva maak deurbraak met nuwe koringtegnologie
Ent van saad baie lonend
Nostalgie in ’n bottel (wat langer vars bly)
’n Vars bries in wêreld van meteorologie • Die weeraanbieder en meteoroloog Annette Botha van Vox Weather is só gek oor die weer dat sy selfs haar dogtertjie Lente genoem het. Met haar blonde hare en energie het sy die wêreld van weeraanbieding soos ’n sikloon getref, maar in plaas van ’n spoor van verwoesting laat sy ’n groeiende gehoor na wat haar voorspellings getrou volg.
Klein wynplaas waar elke besonderheid tel • Kleinood is net 22 ha groot, met 10,5 ha wingerd, maar sommige jare word tot 42 Shiraz-wyne gemaak op dié Stellenbosse wynplasie wat Gerard de Villiers en sy vrou, Libby Daniels, in 2000 gekoop het en met ’n presiese aanslag benader.
Steeds voorlopers met presisie • Met slegs opgeleide bestuurders bedryf die Graanprodusent van die Jaar-wenners, Michael en Gareth Allen, hul boerdery op 2 500 ha sonder gewone plaaswerkers. Elkeen weet presies watter spesialistaak verrig moet word — alles haalbaar omdat hulle voortdurend aan die voorpunt van presisieboerdery, tegnologie en meganisasie bly.
Skilderbokke bring ‘stille bevrediging’ in strawwe Karoo • Diere wat opgepiep moet word, sal nie in die droë Karoo oorleef nie, maar die Kaapse...