Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbouweekblad

Jun 27 2024
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

STOF TOT NADENKE • Kommoditeite ‘nié belegging’

‘Dinge werk as ons saamwerk’ • Sean Walsh, pas verkose voorsitter van die landbousakekamer Agbiz, glo in vorentoe kyk. ‘Jy ry nie vorentoe met ’n kar terwyl jy heeltyd in die truspieëltjie kyk nie.’

Die terugkeer van die natuur

Briewe

Vergoed tog amptenare wat hul sout werd is

‘Oorleef net vanjaar’: Stroopuurglas loop leeg • Die omvang van die skade wat El Niño vanjaar in die laatsomer aan die somergraanoeste aangerig het, begin nou duidelik blyk namate die stroopproses vorder.

G’n blaaskans tussen stroop en Comrades • Saterdag het Ghini Greyling (30) van Wakkerstroom nog tot laatoggend geboer, toe na Durban gery, Sondag die veeleisende Comrades-marathon in minder as 11 uur kafgedraf en Maandagoggend was hy weer vroeg op sy pos – alles in minder as 48 uur nadat hy op die plaas Langfontein weg is.

Hawekrisis vorder, maar dit móét vinniger • Die aanwysing van die Kaapstad-hawe se dienslewering as die swakste ter wêreld kom op ’n tyd dat die skip wel omgedraai word. Planne vir verbetering bestaan en is selfs op kabinetsvlak goedgekeur, maar dit kort momentum, sê kenners.

‘Keerpunt in my lewe’ • Die Comrades is vir baie mense soveel meer as net ’n wedloop. Vir die KwaZulu-Natalse veearts Todd Collins van Underberg (regs) het die wêreldbekende marathon sy lewe letterlik verander.

Samewerking ononderhandelbaar • Die staat se program om Suid-Afrika se logistieke en infrastruktuurkrisis saam met die private sektor op te los, sal voortgaan ongeag uit wie die regering ná die nasionale verkiesing bestaan.

Sadu-lidmaatskap ‘pootjie SA handel’ • Uitvoerbedrywe wat gretig is dat nuwe handelsooreenkomste beding word, beskou Suid-Afrika se lidmaatskap van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sadu) as ’n moontlike blok aan die been.

Bly ’n vriend van handel • Toenemende geopolitieke spanning veroorsaak dat lande ál meer verkies om sake te doen met wie hulle as hul politieke en ekonomiese vriende beskou, maar dit sal Suid-Afrika baat om ’n onverbonde posisie te handhaaf.

Wintergreep versterk • Kouefront-aktiwiteite gaan in die komende weke toeneem, met nog sneeu wat kan voorkom. Veral minimum temperature gaan laag bly oor die suidelike dele van Suid-Afrika.

Voedselhulp dringend nodig in Suider-Afrika • Meer as 30 miljoen mense word nadelig geraak deur die ernstige droogte in Suider-Afrika, en miljoene sal hongersnood ervaar indien voedselhulp nie dringend verleen word nie.

Wêreldkongres op ons voorstoep • Die internasionale kongres oor bewaringslandbou gaan die eerste keer in Afrika aangebied word wanneer Kaapstad van 22 tot 25 Julie die gasheer sal wees.

Strenger EU-reëls op pad ... ‘maar praat met die boer’ • Binne net vier jaar sedert die instelling van RMS-standaarde voldoen meer as 80% van bokhaarboere aan dié streng vereistes. Met die swaard van streng maatreëls wat oor die bedryf hang, meen kenners die Europese Unie kyk die balk in sy eie oog mis, terwyl dubbele standaarde vir boere geld.

RPO bied raad oor bek-en-klouseer • Die Oos-Kaapse Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) het verskeie vergaderings met belanghebbendes gehad oor die status van die bek-en-klouseeruitbreking, terwyl ’n bedryfskenner, dr. Shaun Morris, ook geraadpleeg is oor praktiese raad om die verspreiding van die siekte te beperk.

Stil toelaes die groot honger? • Maatskaplike toelaes is ’n belangrike faktor om...

Expand title description text
Frequency: Every other week Pages: 125 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Jun 27 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: June 21, 2024

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans