Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
STOF TOT NADENKE • Suiwelbedryf laat waai met kaasuitvoer
Voedsaamheid die tweelingsuster van voedselsekerheid • Suid-Afrika presteer met die uitvoer van voedsame vrugte, maar voer terselfdertyd groot hoeveelhede palmolie vir kitskos in, wat tot leefstylsiektes bydra. ’n Internasionale hoëvlakpaneel wil wetenskaplik gegronde oplossings vir sulke vraagstukke ontwikkel.
Die waarde van ongemak
Briewe
Verkiesingslawaai nou volsterkte
Wetsontwerp oor klimaat amper op wetboek • Die wetsontwerp oor klimaatsverandering is ’n tree nader aan amptelike wetstatus nadat die nasionale raad van provinsies dit onlangs goedgekeur het.
Warmer winter wag • Alles dui daarop dat die maksimum temperature dié winter buitengewoon hoog gaan wees en dat ’n warmer as normale winter vir Suid-Afrika voorlê.
‘Dit het ongelukkig nie gras gereën nie’ • Die reën wat die afgelope weke oor groot dele van Suid-Afrika geval het, het vir baie veeboere hoop gebring, maar die uitwerking daarvan op die veeaanbod in die mark en pryse vir boere is gering.
‘SA misluk in siektebeheer’ • Die wolbedryf bly hoopvol dat die eerste geval van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap nie die uitvoer van wol nadelig gaan beïnvloed nie.
Rooibossakeredding: LUR kry bloedneus in hof
Rooivleisstandaard op pad • ’n Broodnodige sertifiseringsplatform vir rooivleisprodusente kan Suid-Afrikaanse boere se internasionale mededingendheid laat vlamvat.
SA rooivleis ál meer gesog in Midde-Ooste • ’n Inklusiewe plan met die doel om alle rooivleisprodusente te bevoordeel, is deel van Red Meat Industry Services se visie vir 2030.
Lig in die tonnel vir BKB • Die landbougroep BKB se omdraaistrategie het in die eerste ses maande van die huidige boekjaar goeie vrugte afgewerp, en die groep is optimisties dat die tweede helfte selfs gunstiger sal verloop.
‘Besigste lughawe in Suidelike Halfrond’ • Besoekers aan die Nampo-oesdag weet al voertuigverkeer kan op besige dae kilometers ver ophoop. Op die landingstrook is die verkeer in spitstye egter rowwer as by die internasionale lughawe OR Tambo in Johannesburg.
Nampo-koors bly hoog • Nampo-koors begin van die begin van Mei af stelselmatig by ’n groot deel van die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap toeneem, maar die Bothavillers is reeds agt maande voor die tyd druk besig met hul voorbereidings vir dié jaarlikse hoogtepunt op die landboukalender.
‘Fokus eerder op hernubare krag’ • Die ontwikkeling van gas as energiebron gaan op lang termyn meer skade berokken en meer geld kos as om hernubare energiebronne te ontwikkel.
Silwer rand om ekonomiese wolke vergroot • Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het in April sy vooruitsigte vir Suid-Afrika en die wêreld bekend gestel. Wat rentekoersverwagtinge betref, is daar bemoedigende tekens vir verligting.
Landbou se geldsake nie te sleg • Die landbousektor se inkomste en skuld lyk heel goed en 2023 was in die algemeen ’n goeie landboujaar. Natuurlik sal die droogte se uitwerking op somergraanoeste en lae vleispryse eers in 2024 se syfers te sien wees, wat swakker gaan vertoon.
Wêreld bly lus vir SA wyn • Die wynbedryf gaan deur ’n moeilike aanpassingsproses nadat die covid-19-pandemie uitvoer en marktoegang ernstig ontwrig het. Die uitvoer van Suid-Afrikaanse wyn het in die afgelope drie jaar effens afgeplat, maar dit bly een van die land se beste landbou-uitvoerprodukte.
Jong mense behoort vooruit...