Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
STOF TOT NADENKE Harde werk begin vrugte afwerp vir beesvleis-uitvoerders
‘Basiese stappe’ kan knaende misdaad in Vrystaat hokslaan • Die beste manier om alle landbouverwante misdaad in die Vrystaat te takel, is deur die toepassing van die nasionale landelike beveiligingstrategie. Dr. Jane Buys van Vrystaat Landbou verduidelik hoekom.
Vasbyt, goeie tye is op pad, sê die prof
Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com
SA boere dans deur stormwinde
Nuwe BTW-stelsel sal hekkie vir bedrog hoër skuif • Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se beoogde nuwe intydse BTW-verklaringstelsel gaan die lewe moeilik maak vir diegene wat BTW-bedrog pleeg en die betaling van BTW ontduik, sê ’n belastingkenner.
Twee weke van hel in Oos-Kaap • Een boer het 850 skape in die jongste brand in die Cathcart-omgewing verloor en op ’n ander plaas het 15 skape en 4 beeskalwers in die slag gebly.
Belegging in sonstelsels duur voort, al het kragsituasie verbeter • Hoewel kragvoorsiening in Suid-Afrika tans heelwat beter as ’n paar maande gelede is, belê produsente steeds dat dit klap in alternatiewe kragvoorsieningstelsels vir hul boerderye.
Selfs sonder beurtkrag klop die sonsom, maar nie vir Eskom nie . . . • Ná ’n hele kwartaal sonder beurtkrag is die doel van sonpanele en batterystelsels besig om te verander van noodsaaklike bystandstelsels na ’n manier om op Eskom-prysstygings te bespaar.
Japie van Zyl se landbousatelliet baat hele wêreld
Groot deurbraak vir SA landbou in China • Drie sleuteldokumente vir groter uitvoertoegang van Suid-Afrikaanse landbouprodukte tot China is pas onderteken. Dié stap is ook uit rooivleisgeledere verwelkom, wat 50% meer uitvoer kan ontsluit.
SA beesvleisuitvoer kan met 50% styg
Veeartse stroom landuit • Dit wil voorkom of meer veeartse Suid-Afrika in 2023 verlaat het as wat in dié jaar vir die beroep gekwalifiseer het, maar daar is meningsverskille oor die syfers.
Oplossings móét gevind word
Land Bank-plan gereed om skuld te delg
‘Help boere ná rampe om op hul voete te bly’ • Die staat behoort boere in tye van rampe baie beter te ondersteun om só voedselproduksie in stand te hou, sê Henry Geldenhuys, wat herkies is as voorsitter van TLU SA.
Landbou móét hom op klimaatsverandering voorberei
Eerste somerreën: ‘Beplan versigtig’ vir vroeë aanplantings • Goeie reënval oor die somerreëngebied lyk volgens voorspellings eers moontlik vanaf die laaste deel van Oktober, en boere wat vroeë mielie-aanplantings oorweeg, moet baie versigtig beplan.
Wolseisoen begin: Wolpryse bly teleurstellend; tog ligpunte
Dís hoekom minerale belangrik vir landbou is • Langtermynneigings oor verskeie dekades heen toon dat daar ’n sterk korrelasie is tussen die toename in die bevolkingsgroei in die wêreld en die toename in die wêreldproduksie van stapelvoedsel.
Nou vir die opbou en groei • Suid-Afrika is deur ’n slegte storm waar verskeie siklusse se laagtepunte saamgeval en erg seergemaak het. Dit wil voorkom of die ergste verby is en ons op die herstelpad is vir die volgende paar jaar.
’n Kwessie van koring • Die risikofaktore vir koring is hoog of veranderlik, maar dit lyk of die komende seisoen ’n goeie jaar kan wees. Johan Willemse neem die tarief – en ander kritieke faktore – onder oë, en vra ook ’n vraag waarop die antwoord ontwykend...