Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
STOF TOT NADENKE • ’n Warmer wêreld: Só kan dit jou raak
‘Jy moet iemand in die oë kyk’ • Wêreldwyd begin politici die vooruitgang van die landbou op die agtergrond skuif. Hoe gaan boere dit oorkom? Deur op grondvlak bewus te wees van wat gebeur en hulself te organiseer, het Francois Wilken van Vrystaat Landbou in Bloemfontein aan dié provinsie se jong boere gesê.
Op die landbou se slagveld
Briewe
Kritiek op meesterplanne ongegrond
Groot waterverliese: ‘Landbou gaan weer tweede kom’ • Suid-Afrika is amptelik voedselveilig danksy sy landbousektor. Die bordjies kan egter binnekort verhang word as die reuse-verliese weens swak infrastrukuur en gebrekkige fakturering na die landbou oorspoel.
Vuurwapens: ‘Nalatigheid’ ná vernietiging kan in hof draai • Die polisie se beheer oor vuurwapens is onder verdenking en statistieke hieroor weerspieël nie die ware prentjie nie.
Melk SA: Wat beesboere van voëlgriep moet weet • Die risiko dat beeste in Suid-Afrika die hoogs aansteeklike voëlgriep kan opdoen, is uiters gering. Nogtans moet beesboere hul diere se blootstelling aan voëls ondersoek.
Loop lig vir Ponzi-varke met groot beloftes • ’n Plaasdier van vlees en bloed bly veiliger as ’n virtuele dier, waarsku die waghond vir verbruikersbeskerming oor beleggingskemas wat beleggings in ontasbare goedere, soos virtuele varke, bemark.
Wees wakker, herken die rooi ligte
Weidingsregte: Appèlhofbevinding wyd verwelkom • Die appèlhof se beslissing dat die kinders van ’n voormalige werker hul vee moet verwyder van die plaas waarop hulle ingevolge verblyfreg-wetgewing (Esta) woon, is wyd verwelkom omdat dit ’n gevaarlike presedent kon skep.
Hulde aan baanbreker Vito Rugani
Uitstekende Oos-Kaapse veeboer, inspirerende gentleman gegroet
Agoa-wetsontwerp: Voordele én risiko’s vir SA landbou • Die moontlike verlenging van die Amerikaanse wet op groei en geleenthede (Agoa) sal groot voordele inhou vir die landboubedrywe wat die tariefvoordele daarvan kan benut.
Prysinmenging: Vleisbedryf in geheel gelooi • Ná voëlgriep se gevoelige slag begin die hoenderbedryf herstel. ’n Fyn kyk na invoer, storting en meganismes om verbruikers se guns te wen, bring ’n onrusbarende feit na vore.
Mielies: Uitvoer groei ondanks struikelblokke • Suid-Afrika se mielie-uitvoerprestasie staan in skrille kontras met Zimbabwe, wat ondanks al sy natuurlike hulpbronne bakhand moet staan.
Beplan vir onseker toekoms • Met die verkiesing nou in Mei is dit 30 jaar sedert ons begin het met die bou van ’n nuwe, inklusiewe Suid-Afrika. Ongelukkig voel dit die afgelope dekade of ons meer besig is met afbreek as bou. Maak planne om jou teen onsekerheid en risiko’s te verskans.
Foto-databasis dalk nét die ding teen veediefstal
Jakkalse pas aan om groter vee aan te val
Erdwurms en perde laat die somme klop • Nee, jy is nie in ’n Amiese gemeenskap in Pennsilvanië of Ohio in Amerika nie. Dit is Harrismith in die Vrystaat waar die boer en termynmarkmakelaar Petrus Claassen reusagtige Percheron-perde inspan vir byna alles wat trekkers gewoonlik doen – van sny, hark en baal tot die plant van dekgewasse én stroop. En boonop klop die somme.
Deurbraak met verhitting Hoendermis speel klaar met gas • Hierdie braaihoenderprodusente van Worcester het onlangs die wêreld se grootste biomassa-ketel wat hoendermis verbrand om hul hoenderhokke te verhit, opgerig....