Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
STOF TOT NADENKE Rooivleis: Vooruitsigte bly belowend
Plaasveiligheid bly swaargewig-saak • Altesaam 26 jaar nadat Kobus Visser deel was van die georganiseerde landbou se span wat op 10 Oktober 1998 oudpres. Nelson Mandela se mylpaal-spitsberaad oor landelike veiligheid bygewoon het, tree hy vandeesmaand af.
Plekke om te leer
Briewe
Watter boere is watter boere?
OBP: Wolk oor R492 miljoen R2 miljard nodig vir volle herstel • Dit gaan blykbaar minstens R2 miljard kos om die huidige geriewe van Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) te verbeter sodat dit in Suid-Afrika se entstofbehoeftes kan voorsien.
Watertafelgrond: Winter droog byna 100 mm grondwater op • ’n Eksperiment wat ná die welkome reën in April in die Kroonstad-distrik op die dalende watertafelgrond gedoen is, het getoon dat die winter sy tol kan eis op die watervoorraad van die sandgrond van dié streek.
Kans vir La Niña nou op ’n naaldpunt • Vier van die ses internasionale klimaatmodelle wat die Australiese buro vir meteorologie vir die La Niña- en El Niño-weerverskynsels nagaan, verwag dat die komende somer eerder ’n meer neutrale as ’n La Niña-seisoen gaan wees.
Cholera in besproeiingswater: Gevaartekens lank reeds daar • Besproeiingsboere van Vaalharts is uiters bekommerd oor die teenwoordigheid van cholerabakterieë in die water van die Harts- en Vaalrivier in Noordwes en die Noord-Kaap.
Water: ‘Ál groter krisis’
Land Bank-lenings van bykans R1 miljard in dispuut geplaas
Onstabiele wêreldtoestande ‘gaan nie verbeter’ • Die invloed van internasionale faktore op die landbou het nou belangriker as die plaaslike faktore geword, en hoewel dit grootliks buite die bedryf se beheer is, bemoeilik dit die omgewing waarin die sektor moet beweeg en oorleef.
‘Ná verkiesingswonderwerk moet ekonomie suurstof kry’ – Kallie Schoeman • Vanjaar se verkiesingsuitslag het ’n wonderwerk opgelewer, sê die boer Kallie Schoeman.
Nog vele uitvoergeleenthede vir landbouprodukte na EU • Daar is heelparty geleenthede wat plaaslike produsente kan aangryp om ’n groter en stewiger vastrapplek in die Europese uitvoermark te kry. Dit sluit nie net nuwe uitvoergeleenthede in nie, maar ook die uitbreiding van bestaande produkte soos sitrus wat uitgevoer word.
Hoekom is die mielieprys nie hoër nie?
Verkoopproses van inmaakfabriek hervat • Te midde van die voortslepende onsekerheid oor die toekoms van Langeberg & Ashton Foods, die grootste vrugteverwerkingsaanleg in die land, blyk dit dat die appelkoos-, taaipitperske- en peeroeste na verwagting groter as verlede jaar gaan wees.
Landbou stagneer die afgelope jaar • Die groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie is minder as die bevolkingsgroei. Dit beteken dat die bevolking deurlopend verarm.
Sterk groei dui op goeie bestuur • Die afgelope vier jaar het die wins van die Shopritegroep met meer as inflasie gestyg. Dit dui daarop dat die groep markaandeel van ander supermarkgroepe wegneem.
‘Erken termiethope se bydrae om koolstof vas te vang’
Boedelbeplanning: Onetiese optrede wek kommer • Kliënte, finansiële adviseurs, fidusiêre konsultante en versekeringsmaatskappye (deur hul regskonsultante) tree soms oneties op deur die verkeerde of geen advies te gee, en deur toe te laat dat die verkeerde strukture vir dekkingsprodukte gebruik word.
SA landbou by kruispad: Nuwe benaderings, tegnologie nodig • Die plaaslike...