Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
REDAKSIE
Landbouweekblad
SYFERS
SÓ KAN KUNSMATIGE INTELLIGENSIE VEEDIEWE FNUIK
Staan opsy, mans! Beeste verkies vroue
VERLOOR SA DIE STRYD TEEN BOSLUISE?
SKEER VAN SKAPE IN VOERKRALE STRIEM WEL PRODUKSIE
JAKKALSE PAS AAN OM GROTER VEE AAN TE VAL, TOON VERSLAG
‘Byt vas en hou by wol’ • Wolpryse sal dié seisoen wisselvallig bly, maar nou is nie die tyd om halsoorkop van die wolwa af te klim nie. Moenie op gehalte inboet nie, en skenk aandag aan die produktiefste diere.
Veldpotensiaal gaan tot net 62% tuimel • Die potensiaal van weiding gaan in minder as vier dekades tot slegs 62% van die huidige drakrag tuimel. Dit gaan ongekende druk op veeboere plaas om staande te bly en genoeg voedsel vir die groeiende wêreldbevolking te produseer.
Karoogrond blaas nuwe lewe in gemengde boerdery • Die terugkeer van die volgende geslag en die aankoop van grond in die Karoo het nuwe lewe in alle vertakkings van ’n Overbergse boerdery geblaas.
John Deere-buksies: Sterk én slim • Die John Deere 5-reeks trekkers is doeltreffende, duursame laerkilowatt-trekkers wat met slim tegnologie toegerus is om produktiwiteit en onderhoud te vergemaklik.
Bly kalm (en hou aan boer met vee) • Die afgelope vyf of ses jaar sny die kosteknyptang veeboere se reserwes en winsmarges tot op die been. Dit is egter nie nou die tyd om van ras te verander of jou sluimerende stoetteling-ideale af te stof nie.
BTW-bedrog: ‘Skade aan bedryf enorm’ • Dit is tot nadeel van die lewendehawebedryf, waardeketting en verbruikers wanneer BTW-bedrog geld van die Jan Taks en medeprodusente steel.
Oorleef só as dit finansieel knyp • ’n Groot persentasie veeboere het skaars ’n jaar of twee gelede uit ’n lang en uitgerekte droogte gekom, en trek nou weer geldelik noustrop weens lae produkpryse en hoë insetkoste.
7 gesonde geldgewoontes • Veeboere is met die rug teen die muur. Dié sewe sewe kernbeginsels kan ’n finansiële reddingsboei voor ’n moeilike seisoen verskaf.
7 slaggate: Finansier jou bates slim • Die kosteknyptang het veeboere in ’n wurggreep beet, en ’n volgende droogte lê in dele van Suid-Afrika en Namibië en wag. Vermy dié finansiële slaggate as jy noustrop trek.
Versag hittestres by plaasdiere op dié maniere om produksie te behou • Die uitwerking van hittestres op diere raak ál feller. Sien die tekens raak, verfyn jou bestuur en benut die oplossings wat reeds bestaan (en boonop nie te duur is nie).
‘Gratis plaas’ en groter wins met kudde-effek • ’n Kruiwa is letterlik die grootste yster wat op die plaas Doornplaats naby Graaff-Reinet benodig word. Hier benut James Brodie sy vee vir kort tydperke en teen hoër digthede as wat konvensioneel beoefen word om die grond en veld te verbeter.
Hoëdrukbeweiding ‘koop’ vir boere nóg plase • Boere uit drie uiteenlopende streke van Suid-Afrika het op die negende wêreldkongres oor bewaringslandbou vertel hoe die toepassing van onder meer hoëdrukbeweiding vir hulle nóg plase koop, al koop hulle nie grond aan nie.
Altyd ’n kwessie van balans • Ná byna ’n dekade op die herlewingslandboupad is die tekens van veldherstel ooglopend. Dubbel soveel beeste word op dieselfde hoeveeldheid grond aangehou. Hou egter altyd balans tussen gras- en diereproduksie in gedagte — as een bevoordeel word, is dit altyd ten koste van die ander.
Erdwurms en perde laat die somme klop • Nee, jy is nie in ’n Amiese gemeenskap in Pennsilvanië of Ohio in Amerika nie. Dit is Harrismith in die Vrystaat waar...