Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Landbouweekblad

Apr 04 2024
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

Skeerhok toe

Die ander sê • Deur oop vir deregulering van elektrisiteitsmark

Stories wat in die landbou saak maak

STOF TOT NADENKE • Nuwe proewe toon wintergrane het véél minder stikstof nodig

Die dans voor die bier in die bottel is • Suid-Afrika se garsbedryf is klein vergeleke met die wêreld se topprodusente, maar AB Inbev, die wêreld se grootste brouer, het ’n belang by die sukses daarvan.

Dankbaarheid kom met insig

Briewe

Swak beeld van SA landbou

Sojabone: Boere hóés vir ‘stokou tegnologie’ • Sommige boere is woedend omdat die heffing op sojaboonteling en -tegnologie vanjaar met 55% tot R93/ton gestyg het. Hulle wonder of die voordele die ekstra koste werd is, en eis teenprestasie van saadmaatskappye.

‘Maak die meeste van dié moeilike tyd’ • Die huidige swak rooivleis- en wolpryse het ’n lang aanloop wat wyer strek as uniek Suid-Afrikaanse probleme. Daar is egter rede tot optimisme.

Moenie dié mooi storie oor veediefstal glo • Die jongste amptelike veediefstalstatistieke toon ’n afname van 2,1% of 156 gevalle sedert ’n jaar tevore. Dié oppervlakkige interpretasie misken egter die ekonomiese en emosionele tol van veediefstal vir die platteland.

Só knaag indringers aan winsgewendheid • Indringerspesies versprei onrusbarend vinnig, en van hulle het Suid-Afrika reeds miljarde gekos en biodiversiteit kwaai geknou. ’n Nuwe verslag sit ook gebreke in navorsing en onvoldoende bekampingstrategieë uiteen – iets wat die land kwalik kan bekostig.

Onsekerheid oor water skep nuwe risiko’s vir boere • Die voorgestelde wysigings aan die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) skep groot onsekerheid rakende besproeiingsboere se toekomstige aanspraak op water. Dít terwyl die landbou reeds heel onder op die lys is van wie sekerheid oor waterverskaffing het.

Resessionêre ekonomie sleg vir landbou • Die ekonomiese groeisyfers vir die vierde kwartaal van 2023 en die jaar in geheel wat deur Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak is, was deels te wagte, maar nogtans skokkend swak. As verbruikers swaar trek, is dit slegte nuus vir voedselverkope en dus die landbou.

Sitrus se ster bly skitter • In ’n nuwe reeks kyk prof. Johan Willemse na Suid-Afrikaanse landbou-uitvoerprodukte. Sitrus is die grootste landbou-uitvoerproduk, en ondanks onwetenskaplike regulasies van die Europese Unie (EU) wat uitvoer probeer rem, is daar geen keer aan groei nie.

Hoe beskerm ek my minderjarige kinders? • Wanneer ’n mens minderjarige kinders het, is daar heelwat faktore wat oorweeg moet word wanneer finansiële en boedelbeplanning gedoen word.

Klimaatsverandering bedreig grondmikrobiome

Baie vrae oor biobemesting is nog onbeantwoord

Daar ís klimaatslim planne vir kweekhuisgasse

Die stryd teen snywurms ‘begin by onkruidbekamping’ • Voordat boere snywurms doeltreffend kan bekamp, moet die onkruid wat die wurms voed en beskerm, eers doeltreffend bestry word, sê prof. Johnnie van den Berg, hoof van die geïntegreerde plaagbestuursgroep aan die Noordwes-Universiteit.

Vertrou die wetenskap Werk saam met – nie téén – die landbou • Die landbou is gereeld ’n sondebok as dit by die oorsake van klimaatsverandering kom. Brasilië, waar 17% van die reënwoud reeds plek moes maak vir landboubedrywighede, is dikwels onder die vergrootglas en moet baie houe verduur. ’n Suid-Afrikaanse prokureur wat ook in dié Suid-Amerikaanse land praktiseer, kyk na oplossings.

9 lewenslesse: Kry die...

Expand title description text
Frequency: Every other week Pages: 125 Publisher: Media 24 Ltd Edition: Apr 04 2024

OverDrive Magazine

  • Release date: March 28, 2024

Formats

OverDrive Magazine

Languages

Afrikaans