Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.
Landbouweekblad
IN ’N BLIK
Stories wat in die landbou saak maak
STOF TOT NADENKE ‘Hoër minimum loon sal werkloosheid vererger’
‘AgriSA se volgende 120 jaar ingrypend anders!’ • Aan die vooraand van die viering van AgriSA se 120ste bestaansjaar praat die uitvoerende hoof, Johann Kotzé, oor wat die landbou nou moet doen om oor 120 jaar steeds te kan gedy.
’n Gesprek wat ons móét hê
Briewe
Boere se stryd om kop bo water te hou
Wynbedryf kry ná dekades honderde miljoene vir transformasie • Etlike miljoene euro’s gaan uiteindelik, ná ’n gesloer van meer as 20 jaar, in Oktober na die wynbedryf begin vloei om transformasie te versnel.
Groot geld vir groen energie: Só kan dit versnel • Die Land Bank het sy projek om boere te help met groen energie verder uitgebrei deur energiekenners van Nedbank en Standard Bank te betrek om boere tegnies te ondersteun.
Kommer oor tweede kalkmyn by Riversdal • Groot kommer heers oor die voortbestaan van eeue oue fonteine in die distrik Riversdal waar ’n tweede oopgroefkalkmyn beoog word.
Ontvoerings bedreig veral die platteland • Die toename in ontvoerings in Suid-Afrika is vir belanghebbendes ’n bron van kommer. Samewerking met die polisie dui wel op groot sukses.
Landbou moet sterker klem plaas op uiterste weerstoestande • Die uiterste weerstoestande wat Suid-Afrika die afgelope paar weke beleef het, onderstreep die belangrikheid van die ontwikkeling van tegnologie om uitermatige weerstoestande vinniger en akkurater te kan voorspel, het finansiers op die Woordfees op Stellenbosch gesê.
‘Teenstrydige likwidasie-uitsprake skep regsonsekerheid’ • Hoewel elke betwiste likwidasie- en sekwestrasiegeding ’n unieke feitestel het, meen regsgeleerdes dat teenstrydige hofuitsprake die afgelope tyd die appèlhof in Bloemfontein kan dwing om meer regsekerheid te verskaf.
Groot geleenthede vir windplase in Mpumalanga • Vyf van Eskom se groot kragsentrales sal na beplanning teen 2030 uit diens gestel word, wat groot geleenthede vir onder meer windenergie in Mpumalanga skep.
Krag: Minister oortuig voorgestelde tariefverhoging nie haalbaar • Die kragtariefverhoging van 36,15% waarom Eskom onlangs aansoek gedoen het, kan beteken dat sommige huishoudings in Suid-Afrika net elke twee dag sal kan eet, volgens dr. Kgosientso Ramokgopa, minister van elektrisiteit en energie.
Voëlgriep laat verbruikers steeds opdok vir eiers
Beskerm jou teen jou kinders • Mense raak wêreldwyd al hoe ouer. Dit hou nie net ernstige implikasies vir aftreebeplanning in nie, maar ook vir die bestuur van jou geldsake wanneer jy nie meer in staat is of kans sien om dit self te doen nie.
Reserwebank bly ekonomie wurg • Dit is moeilik om te verstaan waarom die Reserwebank se monetêre beleidskomitee so konserwatief is. Die Suid-Afrikaanse ekonomie het laer rentekoerse dringend nodig – veel meer as Amerika, wat ’n aansienlik beter voorbeeld stel.
Kan Pick n Pay se groot geldknyp omgekeer word? • Die verloop van sake by Pick n Pay wys onder hoeveel druk die verbruikersvoedselmark is, asook hoe dit boere raak. Dit toon ook hoe vinnig sake skeef kan loop met nuwe, onervare bestuur en eienaars wat nie die oog op die bal hou nie.
Koring se wilde familie kan dit klimaatbestand maak
Nuwe Akademia-kampus: Proefplaas en nuwe landbougrade kom in 2028
Boere dink wêreldwyd min of meer dieselfde
Maak seker oor die dam op jou plaas • Wanbegrippe oor die opdam en opgaar van water...